Venaani loop deur oor bywoning van onafhanklikheid

Die herrie rondom die Onafhanklikheidsvieringe weier om te gaan lê. Die amptelike opposisieleier, McHenry Venaani van die PDM-party, het deurgeloop onder kritiek omdat hy dit bygewoon het. Talle lede van die publiek is toegang tot die Vineta-stadion in Swakopmund geweier en al het die Presidensie bevestig dat almal wat daar was kospakkies ontvang het, word dit in sommige oorde ten sterkste […]

Read More

Ombud se aanmerkings stel teleur – omgewingsministerie

Die Namibiese omgewingsministerie, het gereageer op die ombudsman Basilius Dyakugha se verklaring oor mens-dier-konflik in veral die noordooste van Namibië. Hy het gesê die omgewingsministerie is nie genoeg in gesprek met die gemeenskappe wat al vir eeue saam met wilde diere lewe nie. Die ombudsman is van mening dat alles op die planeet deur mense […]

Read More

Werkloosheid dryf ongelykheid

Die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Risiko-analise se adjunkhoof van navorsing, Gerbrandt van Heerden, sê werkloosheid is die hoofoorsaak van ongelykheid in die buurland. Volgens ‘n nuwe verslag van die Wêreldbank is Suid-Afrika steeds die land met die meeste ongelykheid. Gebaseer op die Gini-koëffisiënt vir verbruik of inkomste per kapita, is Suid-Afrika eerste onder 164 lande op […]

Read More

Ed Sheeran, Snow Patrol sing vir vlugtelinge

Kunstenaars soos Ed Sheeran, Camila Cabello, Gregory Porter en Snow Patrol is van die musikante wat bevestig het dat hulle aan ‘n vertoning gaan deelneem om geld in te samel vir slagoffers van die oorlog in Oekraïne. Die vertoning sal musiek kombineer met ander sterre en kortfilms wat erkenning gee aan voortgaande verligtingspogings en die probleme wat diegene wat deur die konflik geraak […]

Read More

Korrupsie verwoes klein besighede – Cyril

Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa sê korrupsie het ‘n verwoestende uitwerking op dienslewering gehad. Ramaphosa sê korrupsie is een van die redes waarom entrepreneurs en besighede sukkel om permitte of basiese dienste soos water en elektrisiteit te kry om hul besighede aan die gang te hou. Hy sê as gevolg van korrupsie word mense nou gedwing […]

Read More

Onafhanklikheid: Almal het geëet, sê Hage

Ná Namibië se 32ste Onafhanklikheidsviering by die Vineta-stadion op Swakopmund het President Hage Geingob ‘n verklaring uitgereik waarin hy gesê het diegene wat opgedaag het en die vieringe waargeneem het, het kospakkies ontvang. Hy het ook verskoning gevra vir Namibiërs van ander streke wat graag die vieringe wou bywoon, maar nie kon nie weens die […]

Read More

Meisie, 5, brand dood in sinkhuis

‘n Vyfjarige meisie het in ‘n sinkhuis by Okwalondo in Ohangwena-streek doodgebrand. Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het Hambeleleni Shitenga se ma haar saam met die ander kinders van 15, 12 en een jaar oud by die huis gelos. Die ouer kinders het glo by die oshana gaan speel en die twee jongstes by […]

Read More

ANC het haatveldtog teen Afrikaanse skole

AfriForum in Suid-Afrika het sy oproep herhaal dat alle mense wat ernstig is oor onderwys en menseregte die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette moet teenstaan. Alana Bailey van die organisasie sê die gereelde hersiening van onderwyswetgewing is nodig en die wetsontwerp bevat positiewe aspekte. Sy sê die probleem is egter dit word misbruik om die ANC-regering […]

Read More

Mianmar se weermag is skuldig aan volksmoord

Amerika se minister van buitelandse sake, Antony Blinken, sê sy land het bevind die Mianmar-weermag se geweld in 2016 en 2017 teen die Rohingya-minderheid, kom neer op volksmoord en misdaad teen die mensdom. Meer as 700 000 Moslems in Rohingya het sedert Oktober 2016 van Mianmar met sy Boeddhistiese meerderheid na vlugtelingkampe in Bangladesj uitgewyk. […]

Read More

Herfshoofstuk van Woordfees skop binnekort af

Die Windhoek Woordfees sê die 2022 Herfshoofstuk sal binnekort afskop. Dr. Chrisna Beuke-Muir is welbekend in Windhoek as ʼn voorloper vir Afrikaans en by hierdie eerste deel van vanjaar se Windhoek Woordfees is sy weer op haar beste te sien in ʼn kragtige eenvrouvertoning met Sus van. Beuke-Muir die voorsitter van die fees het met […]

Read More