Noord-Korea meld eerste Covid-sterfte aan

Noord-Korea het die eerste sterfte weens ‘n Covid-19-uitbreking aangemeld en sê dit het vir die eerste keer vinnig deur die land versprei. Die land het Donderdag sy eerste ooit Covid geval aangemeld. Ses mense is dood nadat hulle koors gehad het en een het positief getoets vir die Omikron-variant. Sowat 187 800 mense word afgesonder en behandel. Noord-Korea het verlede jaar die internasionale wêreld se aanbod van miljoene dosisse AstraZeneca en die Chinees-vervaardigde entstof van die hand gewys. Die land het beweer hy het Covid-19 onder beheer deurdat hy sy grense vroeg in Januarie 2020 gesluit is. Die WGO sê daar is geen inentingsyfers vir die land nie.