Amushelelo teister werkgewers – Ndeitunga

Sou beroepe op sosiale media geantwoord word, sal daar vanoggend chaos wees by China Town in die hoofstad. Dit volg na die omstrede Michael Amushelelo se ondersteuners ‘n beroep op almal gedoen het om agt-uur vanoggend daar bymekaar te kom om hulle ‘Hands off Amushelelo-veltdog’ te loods. Na gister se chaos het die polisiehoof, luitenant-generaal Sebastian Ndeitunga ‘n lasbrief vir sy inhegtenisname uitgereik. Hy sê Amushelelo, wat nou reeds ‘n geruime tyd chaos by verskeie werksplekke onwettig veroorsaak het, teister werkgewers.