Sindikate gebruik kuns vir geldwassery

Die owerhede in Italië, Spanje en Nederland het ʼn internasionale dwelmsmokkelnetwerk vasgetrek wat daarvan verdink word dat hulle die kunshandel gebruik het om winste te verbloem. Dosyne mense is in hegtenis geneem en ʼn galery vir moderne kuns in Amsterdam was een van die groep van 47 plekke wat deel was van die ondersoek. Die netwerk het handel gedryf met kokaïen vanaf Latyns-Amerika en ketamien uit Litaue, wat via Nederland ingevoer is, asook dagga wat vanuit Noord-Afrika na Spanje gesmokkel is.