Alle oë op Hartebeestloop vandag

Die jaarlikse veiling deur die ster Bonsmara-teler Joggie Briedenhann is meer as ‘n veiling, dit is ‘n gebeurtenis. Elke jaar word rekordpryse op Hartebeestloop naby Stampriet behaal. Die veiling word vandag op die plaas gehou en begin om elf-uur die oggend. Meer as 50 bulle sal onder die hamer gaan en 200 vroulike diere is te koop.