Afrika se inentingskoers moet verbeter – Cyril

President Cyril Ramaphosa van Suid-Afrika doen ‘n beroep op die internasionale gemeenskap om samehorigheid en billikheid te verseker in die volgende fase van die bestuur van die Covid-19-pandemie. Hy het die tweede globale Covid-19-beraad wat deur die Amerikaanse president, Joe Biden, aangebied is, virtueel toegespreek. Ramaphosa sê teen 16 persent het Afrika een van die wêreld se laagste inentingskoerse, terwyl dié van lae-inkomstelande steeds onder 13 persent is.

Ramaphosa sê Suid-Afrika is steeds ten gunste van ‘n handelsverwante opheffing van intellektuele eiendomsreg in die Wêreldhandelsorganisasie om wêreldwye toegang tot entstowwe, behandeling en kennis te bevorder: