Herrie is los oor Amushelelo

Die herrie is los nadat die omstrede Michael Amushelelo, wat self klagte van bedrog en geldwassery in die gesig staar, gistermiddag winkels in die hoofstad se China Town gesluit het. Dit het gelei na ‘n lasbrief vir sy inhegtenisname wat deur die polisiehoof, luitenant-generaal Sebastian Ndeitunga uitgereik is. Hy het met die nasionale uitsaaier gepraat.

Ndeitunga sê die tipe chaos en teistering van besighede moet nie geduld word nie.

Maar, daar blyk om meer moeilikheid vandag te wees. Daar is beroepe uit talle oorde van ondersteuners van Amushelelo, wat die afgelope tyd redelik baie chaos by werksplekke in die land veroorsaak het, dat almal om agt-uur vanoggend bymekaar moet kom by China Town vir die sogenaamde ‘Hands off Amushelelo-veldtog’.