Muller du Plessis is terug by die Blitsbokke

Die veelsydige agterspeler, Muller du Plessis, sal terugkeer na die Springbok Sewes-groep van 13 spelers vir die volgende twee Wêreldreeks-toernooie in Frankryk en Engeland. Dit is een van vier veranderings aan die span wat verlede maand met ‘n vyfde plek vanaf Kanada teruggekeer het. Du Plessis se terugkeer volg op sy suksesvolle rehabilitasie nadat hy sy been gebreek het in die eerste van die reeks se twee toernooie in Dubai. Hy sê hy kan nie wag om weer te speel nie: