Styging in kunsmispryse gaan impak op vrugte- en groentepryse hê

Internasionale kunsmispryse het sedert die begin van die jaar skerp gestyg as gevolg van die inval in die Oekraïne. Kunsmis-koste is gewoonlik tussen 30 persent en 50 persent van totale produksiekoste na gelang van die oes, wat die prysstygings ‘n beduidende impak maak op winsgewendheid van plaaslike boere. Simonis Storm in Windhoek glo dat hoë […]

Read More

Namibiese riviervlakke styg ná reën

Die Oranjerivier se vlak by Blouputs was vanoggend 2,45 meter en by Sendelingsdrift 2,65 meter, volgens die Hidrologiese Dienste van Namibië. Wat die noordelike rivier betref, styg die Zambezirivier steeds en was sy vlak vanoggend by Katima Mulilo 4,69 meter. ‘n Vloedwaarskuwing is uitgereik vir die oostelike Zambezi-vloedvlakte met water wat ‘n week gelede al ingevloei het.  Die Okavangorivier by Rundu was […]

Read More

Geen land voldoen in 2021 aan WGO se luggehalte-standaarde

Geen land het in 2021 aan die Wêreldgesondheidsorganisasie se luggehalte-standaarde voldoen nie. Dit is volgens ‘n opname oor besoedelingsdata in 6 475 stede. Volgens ‘n Switserse besoedelingstegnologie-maatskappy wat luggehalte monitor en die data saamgestel het, IQAir, het Indië se besoedelingsvlakke erger geword en Nieu-Delhi is steeds die wêreld se mees besoedelde hoofstad. Bangladesj is die mees besoedelde land en Tsjad is […]

Read More

MotoGP-wêreldkampioen ly weer aan dubbelvisie

Motorsport: Die sesmalige MotoGP-wêreldkampioen Marc Marquez ly weer aan dubbelvisie nadat hy sleg geval het tydens die opwarming vir verlede week se Indonesiese Grand Prix. Die Spanjaard het harsingskudding opgedoen ná ‘n dramatiese botsing Sondag in Mandalika. Sy Honda het gerol en in stukke gebreek voordat hy met sy volle gewig op sy linkerarm beland en sy valhelm die grond getref […]

Read More

SA minister van water sê grondwater is belangrik

Die Suid-Arikaanse minister van water en sanitasie, Senzo Mchunu, sê grondwater speel ‘n belangrike rol om watersekerheid in Suid-Afrika te verseker. Vandag is die Verenigde Nasies se Wêreld-waterdag. Hy het in Hatfield, Pretoria, gepraat oor die stand van die land se waterbronne. Mchunu sê dit dra soveel as 13 persent van die totale nasionale watervoorraad […]

Read More

Simonis Storm pas inflasievoorspelling vir 2022 aan

Ekonoom Theo Klein van Simonis Storm sê hulle het hul inflasievoorspelling vir Namibië aangepas vanaf 4,7 persent tot 6,1 persent vir 2022. Hulle glo hierdie voorspelling is aan die konserwatiewe kant aangesien brent-ruolie ingereken is op 140 Amerikaanse dollar en ‘n gemiddelde Suid-Afrikaanse rand-wisselkoers van 15,30 teenoor die Amerikaanse dollar. As enige van hierdie aanwysers […]

Read More

Von Bachdam kry invloei ná milde reën

Ná die naweek se milde reënbuie het die Von Bachdam invloei gehad met sy vlak wat tans op 52,5 persent staan teenoor verlede week se 52,1 persent. Die dam was verlede jaar die ooreenstemmende tyd 84 persent vol. Die Swakoppoort is 95,8 persent vol. Die Suide-damme is oorlopens toe vol met die Nautedam wat 101,4 persent vol is, die Neckartaldam 100,5 en die Hardapdam 71,5 persent. […]

Read More

Indië verwelkom sy gesteelde artefakte terug uit Australië

Indië se premier, Narendra Modi, verwelkom die feit dat 29 godsdienstige en kulturele artefakte wat gesteel of onwettig na Australië uitgevoer is, terugbesorg is. Die goedere word verbind met die vermeende smous en voormalige kunshandelaar van Manhattan, Subhash Kapoor. Kapoor is tans ‘n verhoorafwagtende gevangene en ontken alle aanklagte. Australië se hoë kommissaris in Indië, Barry O’Farrell, sê die terugbesorging van die […]

Read More

Politieke analis reageer op deel van oliebronne

Die Namibiese regering is daartoe verbind om te verseker dat die ontwikkeling en ontginning van die onlangs ontdekte oliebronne deursigtig sal wees en tot voordeel van Namibië se mense sal wees. Dit is volgens President Hage Geingob wat die versekering gegee het dat alle Namibiërs aan die land se welvaart deel, het hy tydens Onafhanklikheidsvieringe […]

Read More

Slypskool vir beskerming van fluitjieblasers aangebied

Die Instituut vir Beleidsnavorsing gaan Donderdag saam met sy vennote die Namibiese Instituut vir Demokrasie en die Platform to Protect Whistleblowers in Africa ‘n halfdag slypskool oor die beskerming van fluitjieblasers hou. Namibië gaan na verwagting in Mei sy Namibiese projek vir fluitjieblasers hou. Dit slypskool vind vanaf nege-uur tot twaalf-uur plaas. Die direkteur van […]

Read More