Inligtingsessies oor pluimveeproduksie vind in Noorde plaas

Die Pluimvee Produsente-vereniging bied in samewerking met AgriBank en Namib Poultry inligtingsessies oor pluimveeproduksie in die Noorde aan. Die tema is “Sustainable poultry productivity vital for food security”. Die eerste inligtingsessie vind plaas op 24 Mei vanaf halfnege die oggend tot twaalf-uur die middag op Omuthiya, en daarna op die daaropvolgende dae op Ongwediva, Eenhana en Outapi. Die landbou-ekonoom van die vereniging, Bertha Ijambo gesels met Kosmos 94.1 Nuus.