Eskom verwelkom tesourie se verslapping van sommige verkrygingsprosesse

Eskom het die Nasionale Tesourie se verslapping en vrystelling van sekere sleutelbeginsels van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur vir verskaffingskettings-bestuursprosesse verwelkom wat in April vanjaar van krag geword het. Eskom se woordvoerder, Sikonathi Mantshantsa, sê dit sal help met sommige van die bottelnekke in sy pogings om van die dringendste operasionele uitdagings die hoof te bied.