EFF wil glo Namibiese ambassade in Pretoria sluit

Verskeie leiers en lede van die Namibia Economic Freedom Fighters-party is in hegtenis geneem te midde van die chaos in Windhoek se China Town. Die polisie se spesiale reserwemag is vanoggend by die perseel ontplooi om ondernemings te beskerm ná gister se sluiting van winkels. Intussen het NEFF ‘n video vrygestel waarin gesê word dat hulle hul EFF-hoofkantoor in Suid-Afrika gekontak en gedreig het om die Namibiese ambassade in Pretoria te sluit as hul lede nie vrygelaat word nie. Penda Naanda, die uitvoerende direkteur in die ministerie van internasionale betrekkinge het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat geen party die mandaat het om enige Namibiese ambassade regoor die wêreld te sluit nie.