Dr. Christo Burger betaal hoogste prys op Hartebeestloop Bonsmara-veiling

Dr. Christo Burger van Windhoek het die hoogste prys van 500 000 Namibiese dollar vir ‘n bul op die Hartebeestloop Bonsmara-veiling betaal. Die eerste 16 Hartebeestloop-bulle wat onder die hamer was, het ‘n uitstekende gemiddeld van 207 250 dollar behaal. Onder hulle het ses meer as 200 000 dollar behaal, drie was 300 000 en meer en die naashoogste prys was 470 000 dollar. Die gemiddeld van die 50 bulle was 135 000 dollar.