DA verwerp Operasie Dudula in Kaapstad

Die DA in die Wes-Kaap verwerp die beplande bekendstelling van Operasie Dudula die naweek in Kaapstad. Die DA sê hoewel almal geregtig is op vreedsame byeenkomste, is die organisasie deel van ‘n kommerwekkende tendens van vreemdelingehaat en Afro-fobie wat in Suid-Afrika aan die versprei is. Ricardo Mackenzie van die DA doen ‘n beroep op alle inwoners van die Wes-Kaap om hulle stemme dik te maak teen haat, onverdraagsaamheid en gewelddadige optrede.