Kaapstad stel eerste navorsingsprojek oor elektrisiteitsoordrag bekend

Stad Kaapstad het sy eerste navorsingsprojek vir elektrisiteitsoordrag van stapel gestuur. Derdeparty-verskaffers is aangemoedig om aansoek te doen om deel te word van hierdie projek en om hul aansoeke teen die einde van volgende maand in te dien. Die stad se burgemeesters-komiteelid vir energie, Beverley van Reenen, sê dit is een van verskeie projekte in die stad waarin hulle hulself posisioneer in die rigting van ‘n meer energie-veilige toekoms geskoei op diversifisering, vernuwing en volhoubaarheid.