Netflix vier in Mei Afrika-maand

Die stroomdiensverskaffer Netflix vier in Mei Afrika-maand met sy veldtog-versameling genaamd From Cape to Cairo. Netflix se direkteur van Afrika-reekse, Dorothy Ghettuba, sê die veldtog het ten doel om storievertellers van Afrika te ondersteun en om hierdie unieke stories met die res van die wêreld te deel.