Elon Musk halt eers met oorname van Twitter

Elon Musk sê hy gaan tydelik halt roep met sy oorname van Twitter, wat die aandele van die sosiale media-reus skerp laat daal het. Die wêreld se rykste man en stigter van die motorvervaardiger Tesla, het die verwydering van rommelpos en vals-gebruikers een van die fokuspunte van sy voorgestelde oorname van Twitter gemaak. Musk wil nou besonderhede hê oor die berekening wat gemaak is dat rommelpos en vervalste rekeninge inderdaad minder as 5 persent van sy gebruikers uitmaak. Betroubare syfers oor die aantal gebruikers word beskou as noodsaaklik om toekomstige inkomste te bereken.