Suid-Afrika maak deurbraak met tuberkulose

Tuberkulose is ‘n wêreldwye uitdaging, veral sedert die opkoms van die tipe wat dwelmbestand is. Dié tipe tuberkulose is verantwoordelik vir ongeveer 500 000 van die wêreld se jaarlikse tien-miljoen gevalle. Suid-Afrika het egter ‘n deurbraak gemaak in die behandeling van tuberkulose wat dwelmbestand is. Pasiënte sal nou minder pille binne ‘n korter tyd kan drink om die siekte te bekamp. ‘n Navorser oor aansteeklike siektes by die Wits Skool vir Kliniese Geneeskunde, Francesca Conradie, sê die behandeling sal wêreldwye voordele inhou, aangesien die Wêreldgesondheidsorganisasie dit onderskryf.