Lassakoors in KwaZulu-Natal gediagnoseer

‘n Eerste geval van Lassakoors is by ‘n man van KwaZulu-Natal gediagnoseer. Lassakoors is ‘n baie besmetlike en akute virussiekte beperk tot Afrika. Die virus word oorgedra deur die Natalse vaalveldmuis. Die siekte word gekenmerk aan ‘n hoë koors en die ontsteking van verskeie organe. Tans bestaan daar geen geneesmiddel teen lassakoors nie en ongeveer die helfte van die pasiënte wat die virus opdoen, sterf. Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes het vandag in ‘n verklaring bevestig dat die man met Lassakoors ‘n uitgebreide reisgeskiedenis in Nigerië gehad het, voordat hy na Suid-Afrika teruggekeer het.