DA telerugesteld in vertraging van heropening van Charlotte Maxeke-hospitaal

Die DA in Gauteng sê die verdere vertraging met die heropening van die Charlotte Maxeke-hospitaal in Johannesburg se ongevalle-eenheid tot middel-April, is uiters teleurstellend. Die minister van gesondheid, Joe Phaahla, sê sabotasie het die vertraging veroorsaak. Jack Bloom van die DA sê die Gautengse LUR vir gesondheid, Nomathemba Mokgethi, het verlede jaar beloof die eenheid […]

Read More

Maart is die Nasionale Bewusmakingsmaand vir Outo-immuunsiektes

Maart is die Nasionale Bewusmakingsmaand vir Outo-immuunsiektes en een van die siektes wat uitgelig is vir bewusmakingsveldtogte is artritis. Die Tygerberg-hospitaal in Kaapstad verskaf elke jaar pasiënt-gesentreerde sorg aan meer as 4 000 mense met verskeie vorms van artritis en bindweefsel-siektes. ‘n Woordvoerder, Leticia Pienaar, sê dié pasiënte word verwys van so naby as Ravensmead […]

Read More

Kommer oor toenemende aanvalle op fietsryers aan buitewyke van Windhoek

Aanvalle op fietsryers neem toe rondom die hoofstad. ‘n Vrou wat alleen in die berge fiets gery het, is aangeval, met ‘n mes aangehou en van haar bergfiets, selfoon, ringe en valhelm beroof. Namibian Marshall Rangers waarsku fietsryers om liefs nie alleen in die buitewyke van Windhoek te gaan fietsry nie. Sean Naude van die […]

Read More

Keniaanse tabakboere skuif oor na meer volhoubare gewasse

Honderde boere in Migori in Kenia sal wegbreek van hoërisiko tabakboerdery en oorskuif na die produksie van meer volhoubare gewasse, met die Tabakvrye Plase-projek wat vandag bekendgestel is. ‘n Woordvoerder van die Wêreldgesondheidsorganisasie sê dit is ‘n gesamentlike projek met die Wêreldvoedselprogram. Hierdie ondersteuning stel die boere in staat om na alternatiewe voedselgewasse oor te skakel. Boere in Migori het boontjies met ‘n hoë yster-inhoud as […]

Read More

Eurowings verhoog vlugte vanaf Frankfurt na Windhoek

Die Lufthansa-groep het aangekondig dat sy Eurowings-lugredery sewe weeklikse vlugte tussen Frankfurt en Windhoek vanaf 27 Maart gaan instel. Vanaf middel Julie tot September gaan die vlugte tot tien weeklikse vlugte verhoog word. Vanaf einde Maart tot middel November gaan Eurowings boonop drie weeklikse vlugte via Windhoek na die Victoria-valle instel. Dié vlugte sal op Woensdae, Vrydae en […]

Read More

Naledi Pandor bestudeer eers hofbevel oor R50 miljoen aan Kuba

Die Suid-Afrikaanse minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Naledi Pandor, sê sy neem kennis van die tussentydse bevel wat in die hooggeregshof in Pretoria toegestaan is en wat die inwerkingstelling van 50 miljoen rand se humanitêre hulp aan die Republiek van Kuba, vir eers terughou. Die hof het dié bevel gister aan AfriForum toegestaan. Pandor […]

Read More

VF Plus bekommerd oor landelike veiligheid ná twee plaasaanvalle in een week

Die Vryheidsfront Plus sê twee onlangse plaasaanvalle binne ‘n week in Mpumalanga is ‘n bewys dat die polisie of die provinsiale regering nie landelike veiligheid vooropstel nie. ‘n VF Plus-lid van die wetgewer, Werner Weber, sê hulle het die provinsiale portefeuljekomitee vir Veiligheid uitgedaag om ‘n beroep te doen op die LUR, Vusi Shongwe, en […]

Read More

Protea-speler toets positief vir verbode middel

Krieket: Krieket Suid-Afrika het aangekondig die Protea-speler Zubayr Hamza het positief getoets vir ‘n verbode middel ingevolge die Internasionale Krieketraad se teen-opkikker-kode. Die uitslag volg op ‘n IKR-toets wat op 17 Januarie gedoen is. KSA sê in ‘n verklaring Hamza staan nie die uitslag teen nie en het ingestem tot ‘n vrywillige skorsing wat onmiddellik van krag is terwyl geskrewe […]

Read More

Namibiese handelsminister sê by Dubai Beleggingsberaad (hangende) beleggingswetsontwerp skep goeie sake-omgewing

Die Namibiese handelsminister, Lucia Ipumbu, het ondanks die nuwe wetsontwerp op beleggingsbevordering en -fasilitering wat nog nie in die parlement goedgekeur is nie, by die Namibië Beleggingsberaad in Dubai gesê dié wetsontwerp sal ‘n bevorderde en goeie sake-omgewing in Namibië vir nuwe beleggingstrategieë, veral vir herwinbare energieë, skep. Sy het gesê dit sal ‘n institusionele […]

Read More

Dividende-belasting nie noodwendig verkeerd nie, maar nie so nie

Cirrus in die hoofstad sê dat belasting op dividende is wel nog nie deur die regering geïmplementeer nie maar, is tot dusver net uitgestel en dus steeds op die tafel. Die makelaarsfirma sê terwyl belasting op dividende opsigself nie ‘n slegte ding is nie, moet die stelsel waarin die geïmplementeer word, aangepas word. Robert McGregor […]

Read More