Sjanghai verskerp inperking … om dit te kan lig

Sjanghai in China is besig om sy Covid-19 inperking te verskerp vir wat hy hoop is die laaste week van die stryd teen die virus, en om sodoende geleidelik inperkings te kan begin lig. Die stad van 25 miljoen mense is reeds ses weke ingeperk ingevolge die Chinese regering se benadering van nul Covid-gevalle. Beijing se gevalle duur voort en inperkings sal daar in plek bly. Olie het reeds Vrydag begin styg na die aankondiging oor Sjanghai, wat 4 persent van China se oliebronne verbruik. Die prys van Brent het gesluit net bo 110 Amerikaanse dollar per vat.