Kenner sê oor vinnige polisie-reaksie

Namibië se wetstoepassingsagentskappe het nog altyd vinnig op openbare veiligheid gereageer. Verlede jaar toe die onluste in Suid-Afrika uitgebreek het, en Namibiërs op sosiale media aangemoedig is om ook inkoopsentrums te begin plunder, is ‘n spesiale reserwemag by verskillende inkoopsemtrums ontplooi. Vandeesweek is die spesiale reserwemag, die Namibiese polisie en Windhoek Stadspolisie in China Town in die hoofstad ontplooi toe die Namibia Economic Freedom Fighters winkels toegemaak het. Christie Keulder, ‘n navorser van Survey Warehouse, het sy reaksie só verwoord …