Lassa-koors in KZN: Opsporing, monitering vind plaas

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes sê daar word gewerk aan die opspoor en monitering van alle mooontlike kontakte nadat ‘n geval van Lassa-koors Donderdag by ‘n man van KwaZulu-Natal gediagnoseer is. Die man het het in Nigerië gereis voordat hy na Suid-Afrika teruggekeer het. Hy het siek geword nadat hy Suid-Afrika binnegekom het en is in ‘n hospitaal in Pietermaritzburg opgeneem waar hy ondertussen oorlede is. Die woordvoerder van die instituut, Adrian Puren, sê die publiek hoef nie paniekerig te raak nie: