Nuwe benadering vir veerkragtigheid in landbou

Die Namibiese landbouministerie gaan die VN se Voedsel- en Landbou-organisasie se ‘Caisses de résilience’-benadering implementeer. Die ministerie sê hy het befondsing van Japan bekom vir die projek wat veerkragtigheid ontwikkel en in die volgende paar maande uitgerol sal word. Dit is ‘n geïntegreerde gemeenskapsgesentreerde benadering, wat sosiale, tegniese en finansiële dimensies op ‘n wedersyds versterkende manier verbind. Die kombinasie van die drie dimensies toon dat dit ‘n vermenigvuldigingseffek het in die lewensbestaan van boere deur die akkumulasie en diversifikasie van inkomste, sowel as huishoudelike en gemeenskapsbates. Die benadering is die eerste keer met groot sukses in Uganda in 2008 geïmplementeer.