SA sal ongekende uitdagings met salarisonderhandelings hê

Die openbare sektor in die buurland se salarisonderhandelinge gaan vanjaar ontstuimig, uitdagend en onbestendig wees – soos Suid-Afrika nog nie tevore ervaar het nie. Dis die mening van die onafhanklike politieke skrywer, Ebrahim Harvey. Vakbonde van die openbare sektor eis ‘n 10 persent verhoging. Hy sê daar sal vanjaar waarskynlik ‘n dooiepunt in die onderhandelinge wees, aangesien staatsamptenare verlede jaar geen verhoging gekry het nie, maar steeds die spit moes afbyt met stygende lewenskoste.