Minister sê nuttelose uitgawes vir water en sanitasie moet beperk word

Die Suid-Afrikaanse minister van water en sanitasie, Senzo Mchunu, sê sy departement het uitgawebestuur en die nakoming van reëls verskerp om onreëlmatige, nuttelose en verkwistende uitgawes te beperk. Die minister het gister sy eerste begroting van meer as 111 miljard Suid-Afrikaanse rand vir die volgende drie boekjare ter tafel gelê. Mchunu sê onreëlmatige uitgawes wat steeds in die departement se ouditverslae voorkom, kom hoofsaaklik uit kontraktuele verpligtinge van vroeër wat nou nog ‘n uitwerking op huidige kontrakte het.