NAVO moet sy kernmagte terughou – Moskou

Moskou sal maatreëls tref as NAVO kern-infrastruktuur nader aan Rusland se grens ontplooi word. Die Russiese adjunkminister van buitelandse sake, Alexander Grushko sê dit sal nodig wees om te reageer met voldoende voorsorgmaatreëls. Hy sê Moskou het geen vyandige bedoelings teenoor Finland en Swede nie en sien nie die redes vir die twee lande om by die NAVO-alliansie aan te sluit nie. Hy het ook die Kremlin se vroeëre stelling herhaal dat Moskou se reaksie op NAVO se moontlike uitbreiding sal afhang van hoe naby die alliansie militêre bates na Rusland beweeg en watter infrastruktuur dit ontplooi. Finland se plan om aansoek te doen vir NAVO-lidmaatskap, wat Donderdag aangekondig is, en die verwagting dat Swede sal volg, sal die uitbreiding van die Westerse militêre alliansie teweegbring wat die Russiese President Vladimir Putin gepoog het om te voorkom.