Aap-pokke steek weer kop in Nigerië uit

Nigerië het vanjaar 15 gevalle van aap-pokke aangeteken sedert die siekte in September 2017 weer in die land sy verskyning gemaak het. In die afgelope vier jaar het die land meer as 500 gevalle en agt sterftes aangeteken. Die land se sentrum vir siekterbeheer sê dit is nie ‘n nuwe uitbreking nie. Een geval is in Londen aangteken na ‘n persoon vanaf Nigerië na die Verenidgde Koninkryk gereis het. Die sentrum sê aap-pokke is die eerste keer in 1958 ontdek en die eerste menslike geval is in 1970 in die Demokratiese Republiek van die Kongo aangeteken. Dit is ‘n virus wat hoofsaaklik van diere na mense versprei word, met simptome soos koors, hoofpyn, liggaamspyn, malaise, vergroting van kliere, en ‘n seer keel.