Duitsland gaan sy energie-aankope uit Rusland drasties verminder

Duitsland gaan sy energie-aankope uit Rusland drasties verminder weens Moskou se inval in Oekraïne. Olie-invoere gaan teen Junie halveer word, terwyl steenkool-aflewerings teen die herfs gestaak gaan word. ‘n Derde van Duitsland se olie-invoere, 45 persent van sy steenkool-aankope en 55persent van sy gas-invoere het voor die inval uit Rusland gekom. Die afhanklikheid van Europa […]

Read More

Oudlandros Rooies Mostert bly in aanhouding 

Oudlanddros Walter “Rooies” Mostert het vandag in die Keetmanshoop-landdroshof verskyn nadat hy gister by die Noordoewer-grenspos in hegtenis geneem is nadat hy voortvlugtig was. Volgens die Namibiese polisie bly hy in polisie-aanhouding en sal hy vandag na Windhoek oorgeplaas word. Mostert se tweede hofverskyning is Dinsdag in die hoofstad. Hy het op 5 November verlede jaar uit […]

Read More

Nuwe tendense met veediefstal opgemerk

Die Namibiese polisie in Erongo vra die hulp van die publiek om vyf verdagtes op te spoor na 32 bees op die plaas Otjumue Nord naby Omaruru gesteel is. Daar is reeds drie verdagtes vas. Die vleis is volgens die polisie op Swakopmund verkoop. Inspekteur Ileni Shapumba van die Erongo polisie sê daar is ‘n […]

Read More

Sanksies teen Rusland werk – Von der Leyen

Die president van die Europese Kommissie, Ursula von der Leyen het vanoggend in Brussel gesê die sanksies wat teen Rusland ingestel is, begin ‘n houvas op die land se ekonomie kry. Internasionale nuusagentskappe berig dat Russiese lewenskostes met 16 persent gestyg het. Von der Leyen meen President Vladimir Putin se bronne ly daaronder …

Read More

Olieprys wipplank steeds

Oliepryse het vanoggend weer gewipplank en het tussen tien-uur en 12-uur, van net onder 116 Amerikaanse dollar ‘n vat, met amper 2 Amerikaanse dollar ‘n vat toegeneem. Die prys daal op die oomblik weer. Volgens kenners is daar effe verligting in die mark met die nuus dat ru-uitvoere vanaf Kazakstan se Kaspiese Pypleiding-konsortium weer sal hervat sowel as die […]

Read More

Oesnavorsingsplatform in Vrystaat geskep, vir Afrika ook

Die Universiteit van die Vrystaat in Mangaung se nuut-gevestigde Oesnavorsingsplatform gaan na verwagting kyk na Suid-Afrika en die groter Afrika-vasteland se oes-produksie-uitdagings. ‘n Woordvoerder van die universiteit, Adré Minnaar-Ontong, sê as die navorsingsplatform uitdagings rondom oesproduksie aanspreek, sal dit nie net rolspelers in die bedryf help nie, maar ook kleinskaalse produsente en hul verwante gemeenskappe. Sy sê sy is opgewonde oor die moontlikhede […]

Read More

Steytler sê oor Rusland se goudreserwes

Boris Johnson wil hê die Weste moet Rusland verhoed om sy goudreserwes te gebruik. Johnson sê die Weste moet die ekonomiese wurggreep op Putin versterk. Hy beskuldig die Russiese leier van die oorskryding van rooi lyne, omdat hy Oekraïnse burgers teiken. Die bekende Namibiese ekonoom en analis, dr John Steytler verduidelik waarvoor goudreserwes benut word. […]

Read More

La Niña kuier nog lank…

Daar is voorspellings dat die La Niña-stelsel, die weerstelsel wat baie goeie reën vir ons gebied bring, nog vir lank sal voortduur. Die bekende weerkenner van Suid-Afrika Johan van den Berg stem saam en deel so die goeie nuus met Kosmos 94.1 se luisteraars.

Read More

Almal wag vir die nuwe brandstofprys

Daar is sommige voorspellings dat die plaaslike brandstofprys met tot 1 dollar en 65 sent kan styg vir April maar, kenners en ekonome wil hul nie daaraan verbind nie. Die olieprys was redelik wisselvallig die afgelope maand maar het nie onder 115 Amerikaanse dollar ‘n vat in beweeg nie. Theo Klein, ‘n ekonoom van Simonis […]

Read More

N$22,4m opgeëis in mosiehof vanoggend

Die rol vir die mosiehof vanoggend was redelik klein met 83 aansoeke om verstekvonnisse waarvan 19 reël 108 aansoeke was. Regters Hannelie Prinsloo en Marlene Tommasi het die sessie hanteer. Daar was 36 aansoeke deur kommersiële banke waarvan 16 lenings ter waarde van 4 miljoen dollar betaalbaar is. Agttien eiendomme met ‘n uitstaande waarde van 18,4 miljoen […]

Read More