Direkteur maak meer inligting bekend oor houtstropery

Die direkteur van bosbou in omgewingsministerie, Johnson Ndokosho, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die stropery wat in ‘n woud in Kavango Wes op patrollie gevind is. Meer as 4 000 stukke gesaagde hout, sowel as masjinerie is gekonfiskeer. Ndokosho, wat onlangs in die pos aangestel is, het meer inligting bekend gemaak oor die voorval.