Vakbond geskok oor kuratorskap van mynwerkers se ‘bank’

Die Nasionale Unie van Mynwerkers in Suid-Afrika sê hy is geskok oor die regering se besluit om Ubank onder kuratorskap te plaas. Die finansminister, Enoch Godongwana, het KPMG Suid-Afrika as die kurator aangestel weens kommer oor die uitlener se korporatiewe bestuur en ‘n gebrek aan kapitaal om die bank se lewensvatbaarheid te verseker. Ubank dien as spaarfonds vir mynwerkers. Die woordvoerder van NUM, William Mabapa, sê die besluit is geneem ten spyte van die bank-direksie se onderneming om die 800 miljoen Suid-Afrikaanse rand wat nodig is om die bank te red, in die hande te kry: