Rassisme by Maties: Nam-student gesels met Kosmos 94.1

Die Universiteit Stellenbosch het ‘n wit student geskors wat op die eiendom van ‘n swart student urineer het, by die universiteit se manskoshuis Huis Marais. Die voorval is op video vasgelê en op sosiale media versprei. Die universiteit se woordvoerder, Martin Viljoen, het die voorval as afbrekend, kwetsend en rassisties beskryf. Hy sê ’n volledige ondersoek sal nou die lot van die student bepaal, wat permanente skorsing en selfs ook kriminele vervolging kan insluit. ‘n Namibiese student aan die universiteit, wat anoniem wou bly, sê die tipe gevalle word nie met enige ywer deur die bestuur van die instansie aangespreek nie.