Groot brand suid van Khorixas onder beheer

Daar woed op die oomblik ‘n groot brand suid van Khorixas, net noord van waar die vorige groot brand uitgebreek en onder beheer gebring is. Namibië het goeie reën in die noordweste ontvang en boere het broodnodige weiding wat onder gedrang is met ‘n dreigende rekord-brandseisoen. Geoge Seibeb van Khorixas se brandweer, sê spanne is ontplooi en die vuur word op die oomblik beheer.