Zuma se korrupsiesaak weer uitgestel

Die Hooggeregshof in Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal het die korrupsiesaak teen oudpresident Jacob Zuma tot 1 Augustus uitgestel en die verhoor moet op 15 Augustus hervat. Zuma se regsverteenwoordigers het bevestig hulle wag steeds op die regterpresident van die Appèlhof, Mandisa Maya, se reaksie nadat Zuma die hof genader het vir die verwydering van staatsadvokaat Billy Downer as aanklaer in sy korrupsiesaak. Regter Piet Koen verduidelik: