SME Bank: Rekeninghouers, likwidateurs vergader

Rekeninghouers van die nou-bankrot SME Bank het met die likwidateurs van die bank, Dave Bruni en Ian McClaren vergader oor wanneer hulle betalings, indien enige kan ontvang. Meer as 200 miljoen Namibiese dollar het spoorloos verdwyn na ‘n belegging in die ook-bankrot VBS Mutual Bank in Suid-Afrika en die SME Bank is reeds in 2017 bankrot verklaar. Francina Shipanga, een van die rekeninghouers, sê die regering moet bykom en die likwidateurs ondersteun…