SA se biogas kan landelike energie-uitdagings aanspreek

Die Proses-, Energie-, Omgewings- en Tegnologiestudie van die Universiteit van Johannesburg het bevind die biogas-sektor het die potensiaal om landelike energie-tekorte te verminder, stedelike organiese afval te verminder en werkskepping- en sakegeleenthede ‘n hupstoot te gee deur mikro-verwerkingstegnologie. Die navorsing het bevind mikroverwerkers verskaf alternatiewe energiebronne vir kook, wat gemeenskappe in staat stel om op te hou om brandhout en lampolie te gebruik. Intussen sê die Suid-Afrikaanse Nasionale Energieontwikkelingsinstituut metaangas kan gebruik word om turbines aan te dryf om elektrisiteit op te wek wat beurtkrag kan verminder.