Stubbs gaan saam in T20 teen Indië

Krieket: Tristan Stubbs is vir die eerste keer by die Protea-span ingesluit in die T20-reeks van vyf wedstryde teen Indië volgende maand. Wayne Parnell keer vir die eerste keer sedert 2017 terug na die T20-span en Anrich Nortje is medies goegekeur om weer te speel. Reeza Hendricks en Heinrich Klaasen keer ook terug. Krieket Suid-Afrika se sameroeper van keurders, Victor Mpitsang, sê Stubbs, wat die afgelope seisoen beïndruk het by die Warriors, is ‘n opwindende vooruitsig. Kaptein Temba Bavuma se span sal die gashere die stryd aansê in Delhi, Cuttack, Vizag, Rajkot en Bengaluru.