Vervalle weerstasies verminder vermoë om rampe te voorspel

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens se onvermoë om die netwerk op te gradeer bedreig sy vermoë om vroeë rampwaarskuwings uit te stuur. Suid-Afrika se vermoë om skadelike weer te voorspel is in gevaar. Weerstasies gaan weens vandalisme vinnig agteruit. Die Weerdiens se bedryfsbestuurder, Mnikeli Ndabambi, sê dit is nie net die skade aan infrastruktuur wat ‘n probleem […]

Read More

Reaksie op LPM se eis op voorvaderlike grond in hoofstad

Reaksie word ontvang op die mosie deur die Landless People’s Movement se Windhoek-raadslid, Ivan Skrywer, vir die stad om grond te koop om gemeenskappe wat voor kolonialisme in en om Windhoek gewoon het, te hervestig. Windhoek is volgens Skrywer histories bewoon deur die OvaHerero, /Khomanin Damara en die Afrikaner Nama, en wat vandag die hoofstad is, is hul voorvaderlike grond. Die […]

Read More

Longsiekte inentings verloop goed

Die Namibiese landbouministerie het inentings teen longsiekte in die Kavango Wes-streek begin. ‘n Uitbreking is reeds op 10 Maart verklaar nadat die siekte vroeg in die jaar sy kop in die streek uitgesteek het. Vier spanne met vyf lede elk is in die gebiede wat geraak is ontplooi en boere moet net hul vee na die gebied se laaibank toe neem […]

Read More

Nehawu geen stakingskennis aan Inkomstediens

Die gesondheid- en verwante werkersvakbond, Nehawu, het die Suid-Afrikaanse Inkomstediens van ‘n staking in kennis gestel nadat loononderhandelinge ‘n dooiepunt bereik het. Die vakbond eis dat salarisse aangepas word volgens die 2021-verbruikersprysindeks van 4,5 persent, plus ‘n verhoging van 7 persent vir alle lede. Die Vereniging van Staatsamptenare het sy voorneme om te staak verlede […]

Read More

Kim sê sy owerhede se reaskie is onvolwasse

Die Noord-Koreaanse leier, Kim Jong Un, het sy land se reaksie op die eerste bevestigde Covid-uitbreking as onvolwasse bestempel en regeringsamptenare van ontoereikendheid en traagheid beskuldig. Noord-Korea het 232 880 meer mense met koorssimptome aangemeld wat die totaal tot bo 1,72 miljoen gevalle te staan bring. Covid word as die koors in die land bestempel. […]

Read More

Santam se skenking sal help met girokopter teen sprinkane

Henriette le Grange van Droogtehulp Namibië sê Santam Namibië se skenking 100 000 Namibiese dollar sal aangewend word in die stryd teen die sprinkaanplae wat sedert middel-Desember in die Suide verwoesting saai. Die sprinkane het meer as 719 000 hektaar weiding vernietig, asook 1 207 hektaar landerye in 10 van Namibië se 14 streke, met […]

Read More

Lucia ontsteld oor vyandigheid teenoor buitelanders

Die Namibiese handelsminister Lucia Iipumbu het haar misnoë uitgespreek oor wat sy as aggressie en vyandigheid teenoor buitelandse besighede in die land beskryf. Sy sê die sakesektor gaan gebuk onder verskeie uitdagings wat deur die Covid-pandemie veroorsaak is en vererger word deur die konflik in Oos-Europa. Iipumbu se aanmerkings kom na die Namibia Economic Freedom Fighters se chaos by China Town na NamRA vervalste goedere vernietig het. Sy sê regoor die […]

Read More

Tsumeb Gimnasium dagvaar oor rugby, netbal

Tsumeb Gimnasium daag die Namibiese Skolesport-unie, sowel as verskeie ander, voor hoërhofregter Harold Geier in ‘n dringende aansoek wat vanoggend om nege-uur aangehoor word. Die skoolhoof Pieter Niehaus sê in sy aansoek dat die sport-unie se beslissing van 19 April vanjaar, dat geen laerskool rugbyspeler wat nie ook aan die sport-unie se ligas deelneem nie, nie in die skool se […]

Read More

Maties-rektor sê oor ‘rassistiese’ voorval

Die rektor en visekanselier van die Universiteit Stellenbosch, Wim de Villiers, sê menswaardigheid is ononderhandelbaar en moet gerespekteer, volgehou en herstel word wanneer dit aangetas word. Hy het die voorval veroordeel waar ‘n wit student op ‘n swart student se besittings geürineer het nadat hy by sy koshuis ingebreek het. De Villiers sê hierdie soort […]

Read More

Pentagon bespreek openlik vreemde vlieënde voorwerpe

Die eerste openbare kongresverhoor oor waarnemings van onverklaarde lugverskynsels, voorheen bekend as UFOs, is na meer as 50 jaar in die VSA gehou deur die Pentagon en die ministerie van verdediging. Daar is een verskil teenoor die vorige vergadering 50 jaar gelede – dié een erken dat daar wel waarnemings aangeteken is en dat die […]

Read More