Nehawu geen stakingskennis aan Inkomstediens

Die gesondheid- en verwante werkersvakbond, Nehawu, het die Suid-Afrikaanse Inkomstediens van ‘n staking in kennis gestel nadat loononderhandelinge ‘n dooiepunt bereik het. Die vakbond eis dat salarisse aangepas word volgens die 2021-verbruikersprysindeks van 4,5 persent, plus ‘n verhoging van 7 persent vir alle lede. Die Vereniging van Staatsamptenare het sy voorneme om te staak verlede week bekend gemaak. Nehawu se woordvoerder, Zola Sapetha, sê hulle gaan volgende Maandag en Dinsdag oor middagete plakkaatbetogings hou en Woensdag ‘n algehele staking: