Reaksie op LPM se eis op voorvaderlike grond in hoofstad

Reaksie word ontvang op die mosie deur die Landless People’s Movement se Windhoek-raadslid, Ivan Skrywer, vir die stad om grond te koop om gemeenskappe wat voor kolonialisme in en om Windhoek gewoon het, te hervestig. Windhoek is volgens Skrywer histories bewoon deur die OvaHerero, /Khomanin Damara en die Afrikaner Nama, en wat vandag die hoofstad is, is hul voorvaderlike grond. Die plaaslike politieke kommentator dr. Ndumba Kamwanyah gee sy mening in dié verband.