Kim sê sy owerhede se reaskie is onvolwasse

Die Noord-Koreaanse leier, Kim Jong Un, het sy land se reaksie op die eerste bevestigde Covid-uitbreking as onvolwasse bestempel en regeringsamptenare van ontoereikendheid en traagheid beskuldig. Noord-Korea het 232 880 meer mense met koorssimptome aangemeld wat die totaal tot bo 1,72 miljoen gevalle te staan bring. Covid word as die koors in die land bestempel. Staatsmedia sê gesondheidsamptenare het ‘n Covid-behandelingsgids ontwikkel wat daarop gemik is om dwelmoordosis en ander probleme te voorkom. ‘n Woordvoerder van die VN se menseregtekantoor sê maatreëls wat deur Pyongyang geneem is om die pandemie te bestry, kan vernietigende gevolge vir menseregte in die land hê, aangesien beperkings om die virus te bekamp mense kan beperk om toegang tot genoeg kos te kry.