Pentagon bespreek openlik vreemde vlieënde voorwerpe

Die eerste openbare kongresverhoor oor waarnemings van onverklaarde lugverskynsels, voorheen bekend as UFOs, is na meer as 50 jaar in die VSA gehou deur die Pentagon en die ministerie van verdediging. Daar is een verskil teenoor die vorige vergadering 50 jaar gelede – dié een erken dat daar wel waarnemings aangeteken is en dat die verskynsels wel bestaan. Vyftig jaar gelede was daar ‘n verhoor om die tipe van waarnemings te ontken. Kenners meen dit gaan nie oor groen Marsmannetjies nie maar eerder om die wetenskaplike gemeenskap te betrek om die lugverskynsels te identifiseer of te verduidelik. Die top-amptenaar van die Pentagon-intelligensie departement Ronald Moultrie sê dat deur robuuste ontleding kan die meeste – maar nie almal nie – van die verskynsels geïdentifiseer word.