Santam se skenking sal help met girokopter teen sprinkane

Henriette le Grange van Droogtehulp Namibië sê Santam Namibië se skenking 100 000 Namibiese dollar sal aangewend word in die stryd teen die sprinkaanplae wat sedert middel-Desember in die Suide verwoesting saai. Die sprinkane het meer as 719 000 hektaar weiding vernietig, asook 1 207 hektaar landerye in 10 van Namibië se 14 streke, met die Karas-streek wat die ergste getref is. Volgens Le Grange moet die sprinkane snags met ‘n girokopter gespuit word en nie vanaf die grond nie.