Longsiekte inentings verloop goed

Die Namibiese landbouministerie het inentings teen longsiekte in die Kavango Wes-streek begin. ‘n Uitbreking is reeds op 10 Maart verklaar nadat die siekte vroeg in die jaar sy kop in die streek uitgesteek het. Vier spanne met vyf lede elk is in die gebiede wat geraak is ontplooi en boere moet net hul vee na die gebied se laaibank toe neem om gespuit te word. Volgens Jona Musheko, woordvoerder van die ministerie was daar uitdagings om voorraad te bekom, veral met die uitdagings by Onderstepoort in Suid-Afrika maar entstof is vanuit Botswana aangekoop. Die inentingsveldtog sal op 22 Junie ten einde loop. Longsiekte het ‘n mortaliteitsyfer van 50 persent.