Namibiese huwelike onder die loep

Reaksie word ontvang op die eis deur die hiper-konserwatiewe Namibiese Huweliksraad, wat in Rundu gesetel is, dat alle wetgewing in verband met huwelike in Namibië eers op ys geplaas moet word. Paulus Hawanga wil ‘n nasionale konferensie hê omdat uitdagings, wat aborsie en selfdegeslag huwelike insluit, te bespreek. Namibië het ‘n baie hoë voorkoms van […]

Read More

Ambassade is gereed vir protesgangers

Die woordvoerder van die Chinese ambassade in Windhoek Lu Hairong sê hulle is gereed om die protesgangers van die Namibia Economic Freedom Fighters te ontvang. Volgens berigte, wil die party ‘n petisie afgee. Die groep is tans by binnelandse sake in die hoofstad en sal daarna eers na die handelsministerie en dan NamRA opruk voor […]

Read More

Finansiële Intelligensie-sentrum klaar CBI ‘lisensie’ op

Die Namibiese Finansiële Intelligensie-sentrum het lede van die Namibiese publik daaraan herinner dat hy nie lisensies verskaf aan enige virtuele bate diensverskaffers nie. Die sentrum sê daar is inligting op sosiale media platforms dat die sentrum se registrasie van CBI Exchange Namibia as ‘n lisensie geag moet word en dat CBI dus reg het om handel te dryf in aanlynbates. […]

Read More

Binnelandse sake sê hy het nie data met sy verskuiwing verloor nie

Daar is klagtes van die publiek in die hoofstad dat die ministerie van binnelandse sake inligting verloor met die skuif na sy nuwe hoofkwartiere. Mense meen hul aansoeke is nie op die stelsel as hul navraag doen nie en dat daar geen inligting daaroor is nie. Die woordvoerder van die ministerie Sakeus Kadhikwa sê dit […]

Read More

Gauteng-gesondheid staar nalatigheidseise van $1,6 miljard in die gesig

Nes soos die Namibiese ministerie van gesondheid talle hofsake vir nalatigheid in die howe beveg, sê die DA in Gauteng die provinsiale Departement van Gesondheid het die afgelope jaar 157 nuwe dagvaardings ontvang met eise van 1,6 miljard Suid-Afrikaanse rand vir mediese nalatigheid. Dit is onthul in ‘n voorlegging deur die departement voor ‘n vergadering […]

Read More

Saak teen 53 ANC-veterane teruggetrek

Die staat in Suid-Afrika het die strafregtelike saak teen 53 militêre veterane teruggetrek. Hulle is in hegtenis geneem nadat hulle na bewering in Oktober verlede jaar kabinetsministers by die St George’s Hotel in Centurion gyselaar gehou het. Die destydse minister van Verdediging, Thandi Modise, haar adjunk Thabang Makwetla en die minister in die Presidensie, Mondli Gungubele, is na bewering verhoed om […]

Read More

Varkinvoere groei met 14%, plaaslike produksie met 7%

Varkinvoere na Namibië het in die eerste kwartaal van die jaar skerp gestyg, soveel so dat dit twee keer meer gegroei het as plaaslike produksie. Die Vleisraad sê dat terwyl slagsyfers effe gedaal het teenoor dieselfde periode verlede jaar, het produksie verbeter as gevolg van slaggewig wat oor die algemeen beter vertoon. Dus is produksie 7 persent hoër […]

Read More

Whk-burgemeester ontevrede met wisseling van waarnemende poste

Binnegevegte oor die aanstelling van ‘n uitvoerende hoof vir Stad Windhoek het daartoe gelei dat die stad se bestuurskomitee ooreengekom het dat ‘n waarnemende hoof net vir ses maande in die pos sal dien en sal dan vervang word. Dit is as gevolg van die feit dat die aanstelling van ‘n permanente persoon op ‘n […]

Read More

Vervolgingsgesag het nie genoeg geld nie, veral met staatskaping

Die DA-lid Glynnis Breytenbach sê die geld wat toegeken is aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Vervolgingsgesag en die Spesiale Ondersoekeenheid in die Departement van Justisie se begroting, is nie genoeg nie. Daar is 4,9 miljard Suid-Afrikaanse rand in die 2022-2023 boekjaar aan die vervolgingsgesag toegeken en 452 miljoen rand aan die Ondersoekeenheid. Breytenbach sê die instansies, […]

Read More

Finland & Swede doen formeel aansoek by NAVO

Finland en Swede het vanoggend formeel aansoek gedoen om by NAVO aan te sluit, wat as een van die belangrikste veranderinge in Europa se veiligheidsargitektuur in dekades beskryf word. Beide lande was neutraal regdeur die Koue Oorlog en hul besluit om by NAVO aan te sluit weerspieël die ingrypende verskuiwing in die openbare mening in die […]

Read More