Finland & Swede doen formeel aansoek by NAVO

Finland en Swede het vanoggend formeel aansoek gedoen om by NAVO aan te sluit, wat as een van die belangrikste veranderinge in Europa se veiligheidsargitektuur in dekades beskryf word. Beide lande was neutraal regdeur die Koue Oorlog en hul besluit om by NAVO aan te sluit weerspieël die ingrypende verskuiwing in die openbare mening in die Nordiese streek sedert Rusland se inval op 24 Februarie. Dit bring ook ‘n uitbreiding van die Westerse alliansie teweeg wat die Russiese President Vladimir Putin lank reeds aangevoer het as een van die hoofredes vir sy “spesiale militêre operasie” in die Oekraïne. Die bekragtiging deur al 30 NAVO-lede se parlemente kan tot ‘n jaar duur.