Namibiese huwelike onder die loep

Reaksie word ontvang op die eis deur die hiper-konserwatiewe Namibiese Huweliksraad, wat in Rundu gesetel is, dat alle wetgewing in verband met huwelike in Namibië eers op ys geplaas moet word. Paulus Hawanga wil ‘n nasionale konferensie hê omdat uitdagings, wat aborsie en selfdegeslag huwelike insluit, te bespreek. Namibië het ‘n baie hoë voorkoms van egskeiding so wat presies is die probleem? Die sekretaris-generaal van die Namibiese Raad van Kerke, Ludwig Beukes het sy mening so aan Kosmos 94.1 Nuus so verwoord.