Whk-burgemeester ontevrede met wisseling van waarnemende poste

Binnegevegte oor die aanstelling van ‘n uitvoerende hoof vir Stad Windhoek het daartoe gelei dat die stad se bestuurskomitee ooreengekom het dat ‘n waarnemende hoof net vir ses maande in die pos sal dien en sal dan vervang word. Dit is as gevolg van die feit dat die aanstelling van ‘n permanente persoon op ‘n dooiepunt uitgeloop het na onderhoude uitgevoer is en ‘n kortlys van vyf kandidate saamgestel is. Die stad se burgemeester Sade Gawanas is baie ongelukkig oor die beslissing van ses maande in ‘n waarnemende pos. Sy sê geen projek sal ooit gefinaliseer word nie.