Varkinvoere groei met 14%, plaaslike produksie met 7%

Varkinvoere na Namibië het in die eerste kwartaal van die jaar skerp gestyg, soveel so dat dit twee keer meer gegroei het as plaaslike produksie. Die Vleisraad sê dat terwyl slagsyfers effe gedaal het teenoor dieselfde periode verlede jaar, het produksie verbeter as gevolg van slaggewig wat oor die algemeen beter vertoon. Dus is produksie 7 persent hoër vergeleke met verlede jaar maar, invoere is 14 persent hoër vergeleke met verlede jaar. Plaaslike varkprodusente het 2 persent van die mark verloor aan invoere.