Ambassade is gereed vir protesgangers

Die woordvoerder van die Chinese ambassade in Windhoek Lu Hairong sê hulle is gereed om die protesgangers van die Namibia Economic Freedom Fighters te ontvang. Volgens berigte, wil die party ‘n petisie afgee. Die groep is tans by binnelandse sake in die hoofstad en sal daarna eers na die handelsministerie en dan NamRA opruk voor hul na die ambassade sal beweeg. Lu het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.